NewsNews

Ouers dankbaar dat Potch dogter leef na ernstige ongeluk

"Dit is ’n wonderwerk dat ons dogter leef"

Mareli Golden (22) ’n derdejaar B.Ed Grondslagfase student en inwoner van Wag-’n-Bietjie dameskoshuis aan die NWU, se ouers sê dat dit ’n wonderwerk is dat hulle dogter na ’n motorongeluk nog leef. Die oud-Gimmie was verlede Sondagaand (6 Mei) omstreeks 18:00 in ’n ernstige ongeluk op die N12 sowat 30 kilometer buite Potchefstroom.

Ses mense is in die ongeluk beseer waarby vier voertuie betrokke was. Mareli en twee ander mense, ’n negejarige dogtertjie en ’n man in sy 50’s, is ernstig beseer, maar niemand is in die ongeluk dood nie. Mareli se ouers het die aand van die ongeluk ’n oproep van ’n student wat eerste op die toneel was, gekry. Sy het met behulp van Beskermingsdienste Mareli se ouers se kontakbesonderhede gekry.

“Sy het gesê Mareli was in ’n ongeluk en dat sy nog in die motor is, maar dat sy bewusteloos is. Ons het dadelik in ons motor gespring en gejaag,” sê Mareli se ma, Freda.

Mareli was nog bewusteloos in haar motor se wrak toe haar ouers op die toneel kom.

“Dit was onmoontlik om te dink iemand kan nog lewe in daardie wrak,” sê Freda.
Sy vertel hoe omstanders in ’n kring gestaan en gebid het terwyl paramedici Mareli gestabiliseer het.

Dit is hoe Mareli se motor na die ongeluk gelyk het. Foto: ER24

Dit is hoe Mareli se motor na die ongeluk gelyk het. Foto: ER24Mareli was dae later steeds in Mediclinic Potchefstroom en was nog onder verdowing gehou. Volgens Freda het sy twee kopbeserings, maar genadiglik geen frakture in haar kop of enige sigbare breinskade nie.

“Ons het weer eens Sy grootheid en Hand in alles ervaar. Die dokters glo dit is ’n wonderwerk.”
Freda sê dat Mareli Dinsdagaand vir die eerste keer kon eet en dat haar herstel so wonderbaarlik is dat sy Donderdag ontslaan word.

Hoewel Mareli niks van die ongeluk onthou nie, beskryf Freda dit as ’n wonderwerk.

“Soveel mense het vir haar gebid. God het toe alles donker gelyk het op die ongelukstoneel, ingegryp en haar gespaar. Dis asof Sy engele om haar was, mens kan nie dink sy leef nie.”

“Ons het weer besef dat gebed so kragtig is en dat by God niks onmoontlik is nie,” sê Freda.
Mareli se familie bedank eerstens die Here en ook vir Chante de Klerk en die ander twee manstudente wat by die ongelukstoneel gestop het.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button