NewsNews

Oggend vol bederf vir bruidspaar finaliste

Die Herald bring jaarliks nuwe paartjies in die huwelik bymekaar vir ‘n dag met heerlike feesvieringe. Vieringe van die huwelik, liefde en vriendskap. Saterdag was weer so ‘n dag. Op dié dag het die pare wat in 2017 getroud is en die Bruidspaar van die Maand- kompetisie gewen het, bymekaar gekom om mee te ding …

Die Herald bring jaarliks nuwe paartjies in die huwelik bymekaar vir ‘n dag met heerlike feesvieringe. Vieringe van die huwelik, liefde en vriendskap.
Saterdag was weer so ‘n dag. Op dié dag het die pare wat in 2017 getroud is en die Bruidspaar van die Maand- kompetisie gewen het, bymekaar gekom om mee te ding om die Bruidspaar van die Jaar.
Vanjaar is dit by die pragtige 2Owls gastehuis, ‘n venue bo venues, gehou. Hierdie venue bied onder andere ‘n gastehuis om jou voete te rus, lekker kos en ‘n konferensielokaal vir klein intieme funksies.
En dan natuurlik ‘n opset wat jou heeltyd sal laat rondkyk in bewondering.
Met ‘n stylvolle sin vir dekor, het eienaar Esmé van der Merwe die pragtige gastehuis saam met haar man begin.
Die oggend het afgeskop met muesli, jogurt en vars vrugte, gevolg deur ‘n lekker plaasontbyt wat deur Esmé self voorberei is. Die tikkie persoonlike aandag wat in elke bord kos, drankie of selfs dekor gaan, is wat 2Owls so gesellig en uniek maak. Daarna het deelnemers na buite beweeg om as ‘n paar iets persoonlik vir hul huis te maak.
Pare moes saamwerk om iets uit liefde vir hul huis te maak.
Daar was gelag, gegom en heeltyd geselligheid. Tussen al die werk, is die pare gevra om aan te klop by die beoordelaars en ’n paar vragies oor hul huwelik te beantwoord.
Beoordelaars Leonie Stander, Maria Hofmann en DeWet en Soekie Coertzen het die moeilike taak gehad om elke paar te ondervra en noukeurig te luister na hul antwoorde en sodoende die wenpaar te bepaal.
Leonie is ‘n regsprofessor aan die Noordwes-Universiteit en reeds lank getroud, Maria is die eienaar van Revivified skoonheidsalon, DeWet is die Herald se sirkulasiebestuurder en sy vrou Soekie, onderwyseres by Potch Gimmies. Na ‘n oggend van lekker kuier, nuwe vriende maak en lekker bederf, het die groot oomblik aangebreek.
Hein en Anchenique Papenfus is as die wenpaar aangewys,  Zander en Jeanine van der Walt tweede en Darren en Fagaria Bezuidenhout was derde. Die wenpaar het twee kampstoele van Hinterland ter waarde van R600, ‘n bottel vyf jaar Klipdrift brandewyn en glase, ‘n geskenkpak van Revivified met ‘n gesigbehandeling, asook massering, Hallmark dameshorlosie, R100 Spur eetbewys, ‘n bottel Laboriewyn en verskeie ander bederfies ontvang.
Spur Mooirivier het aan al die finaliste ‘n eetbewys verskaf.
Dan het Spar Miederpark aan elke wenner ‘n bottel wyn gegee.
Revivified het ook aan elke finalis ‘n geskenkbewys ter waarde van R350 gegee.
Mr Meat & Mr Biltong het ook R300 se biltong vir die finaliste geborg.
Die Herald bedank al die beoordelaars en borge wat deel was van die kompetisie, in besonder 2Owls gastehuis vir hul gasvryheid.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button