Local newsNewsNews

Modeprinses gaan SA in Albanië verteenwoordig

Vir die plaaslike blonde skoonheidskoningin, Anchané Pretorius (19) het die realiteit van ‘n oorwinning in die gesogte Miss Globe SA skoonheidskompetisie na ‘n week nog nie ingesink nie. “Dit was ‘n ongelooflike ervaring om as die wenner gekroon te word. Ek het dit glad nie verwag nie en het op aandring van my modelafrigter, Bianca …

Vir die plaaslike blonde skoonheidskoningin, Anchané Pretorius (19) het die realiteit van ‘n oorwinning in die gesogte Miss Globe SA skoonheidskompetisie na ‘n week nog nie ingesink nie.
“Dit was ‘n ongelooflike ervaring om as die wenner gekroon te word. Ek het dit glad nie verwag nie en het op aandring van my modelafrigter, Bianca Botes, ingeskryf.
Ek berei eintlik myself tans voor vir die Miss United Continents-kompetisie wat op 19 Mei plaasvind, so hierdie wen was eintlik ‘n fantastiese voorbereiding ook,” het Pretorius verblydend gesê.

Anchané Pretorius
Anchané Pretorius

Pretorius het die Miss Globe SA-titel Saterdag, 5 Mei by ‘n spoggeleentheid by die Roots Lifestyle Centre verower. Met hierdie oorwinning is Pretorius se kaartjie bespreek vir die Miss Globe se internasionale kompetisie waar sy Suid-Afrika in Albanië later vanjaar saam met die organiseerder van Miss Globe SA, Amanda en Brandon Kriel van Amoné Academy, gaan verteenwoordig.
Pretorius het ook die toekenning “best interview” gewen vir haar elegante antwoorde in die onderhoud-afdeling van die kompetisie.
“Ek is baie gemaklik om vrae te beantwoord en my mening te gee. Ek is nie teruggetrokke nie en weet wanneer om wat te sê om my standpunt te stel,” verduidelik sy.
“Daar was drie afdelings in die Miss Globe-kompetisie waaraan ses meisies deelgeneem het. Dit was onderhoude, dans en aanddrag. Ek het die hele week hard geoefen en was baie opgewonde voor die tyd. Die kompetisie self was ook baie lekker en ons het ook liefdadigheidswerk gedoen. Dit is vir my ’n groot bonus om hierdie titel te wen.”

Meer oor Anchané Pretorius:

Potch skoonheid bewys dat drome waar word

Related Articles

 
Back to top button