Motorfietsryer ernstig beseer na ongeluk

'n Man is gisteraand ernstig beseer na hy in 'n ongeluk met 'n taxi betrokke was.

‘n Man wat moontlik in sy 30’s is, is gisteraand ernstig beseer nadat hy in ‘n ongeluk met ‘n taxi op die hoek van Dr James Morokalaan en Sol Plaatjiestraat betrokke was.

Toe ER24 net voor middernag by die toneel kom, het die motorfietsryer langs sy motorfiets in die pad gelê. Met verdere ondersoek het paramedici vasgestel dat die man verskeie ernstige beserings opgedoen het.

Volgens Ineke van Huyssteen, ER24 woordvoerder, het paramedici die man vir pyn behandel waarna hy hospitaal toe geneem is.

 

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version