NewsNews

Rower 10 jaar agter tralies

’n 28-jarige man wat aan roof skuldig bevind is, is op 18 April tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.

’n 28-jarige man wat aan roof skuldig bevind is, is op 18 April tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het Phumo Setlae in Julie verlede jaar ’n man met ’n voorwerp oor die kop geslaan, waarna hy hom van sy selfoon en kontant beroof het.


“Die man was vanaf Taaiboschbult op pad waar hy woon, toe hy deur Setlae aangeval en beroof is.
Setlae was uit op borgtog ten tyde van die roof. Hy is vroeër in 2017 vir die besit van onwettige dwelms aangekla.
Volgens Chaka het goeie ondersoek van sers. Winnie Rakate tot die inhegtenisname en veroordeling gelei.
“Brig. Steven Moodley, stasiebevelvoerder in Potchefstroom, het al die beamptes wat by die saak betrokke was, gelukgewens met die goeie werk wat hulle gedoen het,” het Chaka gesê.

Related Articles

Back to top button