NewsNews

Man dood na hy van trok val

’n Man is Vrydagoggend (27 April) omstreeks 08:00 in Ikagengweg dood toe hy agter van ’n trok afgeval het.

’n Man is Vrydagoggend (27 April) omstreeks 08:00 in Ikagengweg dood toe hy agter van ’n trok afgeval het.

 


Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle ’n man in die middel van die pad aangetref het.
“Hy het in ’n plas bloed gelê,” het Chaka gesê. Volgens die bestuurder van die trok het die man agter op die trok gery. Toe hy om die draai ry, het hy gesien hoe die man van die trok val.
Die man is op die toneel dood verklaar. “Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag,” het Chaka gesê.

 

Related Articles

Back to top button