NewsNews

“J.B. Marks nie ersntig oor veiligheid,” sê DA

“Die munisipaliteit is duidelik nie ernstig oor veiligheid nie.” So sê raadslid Jeanne Adriaanse.   Sy het onlangs in ’n verklaring gesê die taxistaanplek en Wandellaan is van die gebiede waar die meeste misdaad in die stad plaasvind, maar dat dit nie die aandag kry wat dit behoort te kry nie. Sy het vir fondse …

“Die munisipaliteit is duidelik nie ernstig oor veiligheid nie.”
So sê raadslid Jeanne Adriaanse.

 

Sy het onlangs in ’n verklaring gesê die taxistaanplek en Wandellaan is van die gebiede waar die meeste misdaad in die stad plaasvind, maar dat dit nie die aandag kry wat dit behoort te kry nie.
Sy het vir fondse aansoek gedoen sodat ligte en heinings by die twee gebiede opgerig kan word.
Volgens haar het sy met verskeie rolspelers gekonsulteer voordat sy gevra het dat dié opgraderings in die geïntegreerde ontwikkelingsplan ingesluit word.
Sy sê volgens die Munisipale Stelselswet moet ‘n munisipaliteit ’n veilige omgewing bevorder en word deur die wet verplig om maatreëls in plek te sit om die veiligheid van inwoners te verseker.
Volgens haar gaan die DA die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Cyril Henry, vra om dadelik daarvoor voorsiening te maak.
Sy sê die munisipaliteit het ’n totale verandering nodig.
* Teen druktyd het die munisipaliteit nie gereageer op die Herald se navrae hieroor nie.

Related Articles

Back to top button