24 vas vir dronkbestuur

“Diegene wat drink en bestuur sal moet ligloop.”

“Diegene wat drink en bestuur sal moet ligloop.”
Dit was die waarskuwing van die Potchefstroom-polisiestasie se bevelvoerder, brig. Steven Moodley.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar oor die langnaweek 24 mense in Potchefstroom weens dronkbestuur in hegtenis geneem.
“Die nasionale verkeersdepartement het op versoek van brig. Moodley ’n operasie in Potchefstroom uitgevoer,” het Chaka gesê.


Dié operasie het Donderdagaand omstreeks 20:00 begin en tot Sondag geduur.
Die meeste van die mense is in Albert Luthulistraat en Nelson Mandelarylaan vasgetrek.
Volgens Chaka is die polisie bekommerd oor die getal mense wat drink en bestuur. Die stasiebevelvoerder maan motoriste om nie te bestuur as hule gedrink het nie. “Onskuldige mense se lewens word hierdeur in gevaar gestel,” het Chaka gesê.
Brig. Moodley het gesê dié soort operasies gaan in die toekoms op ‘n gereelde basis plaasvind.

Exit mobile version