Polisie vang drie vermeende inbrekers

Die polisie het Woensdagoggend (25 April) omstreeks 04:00 drie mans in Eleazerstraat in hegtenis geneem. Dit nadat daar items in hulle besit gekry is wat vir huisbraak gebruik kan word. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was beamptes besig om te patrolleer toe hulle drie mans in die straat sien loop.   Die beamptes het hulle voorgekeer …

Die polisie het Woensdagoggend (25 April) omstreeks 04:00 drie mans in Eleazerstraat in hegtenis geneem. Dit nadat daar items in hulle besit gekry is wat vir huisbraak gebruik kan word.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was beamptes besig om te patrolleer toe hulle drie mans in die straat sien loop.

 

Die beamptes het hulle voorgekeer waarna hulle die mans deursoek het. Volgens Chaka het hulle boutsnyers, flitse en skroewedraaiers in hulle besit gekry.

“Die mans kon nie ‘n goeie rede gee hoekom hulle daai tyd van die oggend met dié toerusting in die straat loop nie,” het Chaka gesê.

Exit mobile version