VIDEO: Satire maak Klerksdorper briesend

'n Vrou van Klerksdorp is erg ontstoke nadat die satiriese nuusprogram, Ware Naarheid op KykNet, 'n insetsel gedoen het oor haar hond wat vermis is.

‘n Vrou van Klerksdorp is erg ontstoke nadat die satiriese nuusprogram, Ware Naarheid op KykNet, ‘n insetsel gedoen het oor haar hond wat vermis is.

Die Klerksdorp Rekord het op 20 April 2018 die storie van Rambo, die vermisde Pekinese hondjie publiseer. Dié hond is glo uit hulle erf gesteel. Hulle is steeds besig om na Rambo te soek.

“Ek weet ons kort humor maar dit was nie reg nie. Ek kan nie kinders kry nie en die wat my ken weet wat ek vir my honde kinders doen,” het die eienaar van die hond, Carien Botha, op Facebook gesê.

“Die Ware Naarheid is ‘n satiriese nuusprogram, dus komies en tong-in-die-kies in die manier waarop ons kommentaar lewer op onlangse gebeure in verskeie nuusmedia. Dit is die konteks waarbinne ek die materiaal oor Rambo gelewer het. ‘n Satiriese nuusprogram gaan nie by almal byval vind nie, en ek het begrip vir kykers wat nie daarvan hou of nie die genre ken nie. Ons voer geen agenda teen mense (of diere) nie. Ek het ook in die uitsending genoem dat indien kykers vir Rambo sien hulle die Klerksdorp Record moet kontak. Hopelik lei hierdie groter blootstelling tot iets goed,” het Erns Grundling, wat die insetsel gelewer het gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version