NewsNews

Geld mors? pad nie herstel en geen teken van brandweerwa

Vrae oor sowat R6.5 miljoen vir die aankoop van ’n nuwe brandweerwa en die herstel van ’n pad waarvan daar niks te sien is nie, is steeds grotendeels onbeantwoord.

Vrae oor sowat R6.5 miljoen vir die aankoop van ’n nuwe brandweerwa en die herstel van ’n pad waarvan daar niks te sien is nie, is steeds grotendeels onbeantwoord.
Volgens ’n verslag wat die Herald by ’n openbare vergadering van die munisipaliteit bekom het, is R4,5 miljoen spandeer vir die aankoop van ‘n brandweerwa. In die verslag is die taak as afgehandel aangedui. Dié brandweerwa is egter nêrens te sien nie.
Die verslag dui voorts aan dat nog ’n item, naamlik dat R1.9 miljoen spandeer is om ‘n 120 meter lange deel op die hoek van Spruit- en Palmietstraat oor te bou, ook afgehandel is.


Met die Herald se besoek aan dié deel van die pad het dit geblyk dat geen herstelwerk nog gedoen is nie.
Dit wil dus lyk of die munisipaliteit niks het om te wys vir beide dié uitgawes nie.
Die Herald het betroubaar by ’n raadslid verneem dat daar beslis geen brandweerwa afgelewer is nie.
Die Herald het verder betroubaar verneem dat die munisipaliteit glo wel die brandweerwa bestel het, maar glo nie die volle bedrag betaal het nie.
“Dit word blykbaar teruggehou tot alles betaal is,” het die bron verder aan die Herald gesê.
“Waarom dan die item as afgehandel wys,” wou die persoon weet.
Oor die herstel van die pad het die Herald by ’n onafhanklike ingenieursfirma vasgestel dat dit nie naastenby R1.9 miljoen behoort te kos om die skade aan die betrokke pad te herstel nie.
Volgens die firma behoort die herstelwerk aan die 120 meter tussen R640 000 – R850 000 te kos.
Hierdie bedrag sluit die beplanning, die ingenieur se professionele fooi, asook die bou van die stuk pad in.
In sy reaksie het die munisipale woordvoerder, William Maphosa, net gesê die munisipaliteit is besig om te kyk na die kwessies wat die Herald onder hulle aandag gebring het.
Hy sê “die opstel van die jaarverslag is ’n lang en ingewikkelde proses. Tegniese of tikfoute kan dalk voorkom. “Ons volg dus hierdie kwessie op en sal op ‘n later stadium ten volle reageer.”
Volgens Hans-Jurie Moolman, DA koukusvoorsitter, is hierdie twee transaksies slegs simptome van ’n totale ineenstorting van verantwoordbaarheid en beheer. “Wie het die betaling gemagtig, wie het gaan kyk dat die werk gedoen is voor die betaling gemaak is?
Is ons nou al op ’n plek waar ons die hof moet nader om mense te dwing om verantwoordelikheid te neem?,” het Moolman gevra.
Volgens hom word raadslede kort-kort gekniehalter deur verslae wat nie aan hulle gegee word nie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button