Damestudent in gesig gesteek tydens rooftog

’n Damestudent is Donderdagaand omstreeks 22:30 in Silwerstraat tydens ‘n rooftog met ’n onbekende voorwerp in die gesig gesteek.

’n Damestudent is Donderdagaand omstreeks 22:30 in Silwerstraat tydens ‘n rooftog met ’n onbekende voorwerp in die gesig gesteek.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die student saam met haar vriendin op pad huis toe. Hulle was glo tot laat besig op kampus. Volgens haar het ’n onbekende man hulle van voor af genader.


Die man het haar aan die hand gegryp, waarna hy haar in die gesig geslaan het.
“Hy het ’n voorwerp in sy hand gehad. Hy het dit gebruik om die student in die mond te steek,” het Manyoba gesê.
’n Tweede verdagte wat kort na die aanval verskyn het, het die student se selfoon gegryp. Hulle het daarna albei van die toneel gevlug.
Volgens Manyoba word ’n saak van gewapende roof ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version