NewsNews

Gru-moord skok gemeenskap

Boodskappe van meegevoel vanuit alle oorde van die gemeenskap het Woensdag (11 April) ingestroom aan die familie van ’n vermoorde pa.

Boodskappe van meegevoel vanuit alle oorde van die gemeenskap het Woensdag (11 April) ingestroom aan die familie van ’n vermoorde pa.


Dit volg nadat ’n lyk wat Sondagmiddag, 8 April omstreeks 12:30 deur die polisie gevind is, as dié van Christo Malgas (29) geïdentifiseer is.
Volgens ao. Ishmael Mohutsiwa, polisiewoordvoerder, is die polisie Sondag na ’n moordtoneel in Dassierandstraat naby Promosa uitgeroep. Met hul aankoms het hulle die lyk van ‘n man met veelvuldige steekwonde aan sy bors en maag gevind.
Dit lyk of hy ook met ’n swaar voorwerp oor die kop geslaan is, het Mohutsiwa gesê.
Weens die aard van sy beserings kon die polisie hom nie in daardie stadium identifiseer nie.
Volgens Shane Snyers, Malgas se neef, was hy ’n baie rustige mens wat baie vriende gehad het.
“Hy het altyd tyd gehad vir ’n grappie, hy het humor gebruik om moeilike situasies ligter te maak,” het Snyers gesê.
Volgens hom is die familie stukkend oor wat gebeur het.
“Ons is baie hartseer, maar ons staan saam, soos wat Christo altyd by ons gestaan het,” het hy gesê.
Christo laat twee dogters van onderskeidelik 5 en 2 jaar, ‘n seun van 11 jaar, drie broers, Anthony, Barend en Erwin, asook sy ouers, Anna en Ernest na. Boodskappe van bemoediging vir die familie het op Facebook ingestroom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button