NewsNews

Inwoners maak van Potch ‘n vullishoop

’n Besigheidseienaar van Potchefstroom sê hy het nou genoeg gehad van die gemors wat daagliks in die parkeerarea voor sy winkel gestort word. André Erwee van Flowjet West, wat al 20 jaar sake in Perrinstraat doen, sê dit is ’n seer oog en dit hou kliënte van hul besigheid weg. Al die besighede in die …

’n Besigheidseienaar van Potchefstroom sê hy het nou genoeg gehad van die gemors wat daagliks in die parkeerarea voor sy winkel gestort word.

André Erwee van Flowjet West, wat al 20 jaar sake in Perrinstraat doen, sê dit is ’n seer oog en dit hou kliënte van hul besigheid weg.

Al die besighede in die omgewing se vullis word hier gegooi en dan word die sakke nog oopgemaak en uitmekaar geskeur.

“Die vullis waai gereeld hier voor my winkel verby. Van die besighede doen nie eers die moeite om hul vullis in sakke te gooi en toe te maak nie, hulle gooi dit sommer net so op die hoop,” sê hy.

Erwee sê dat daar vir sowat ’n maand ’n kontrakteur was wat die vullis daagliks weggery het, maar dat hulle sedert verlede week nie weer opgedaag het nie.

“Die munisipaliteit het ook aan al die winkeleienaars ’n brief gestuur waarin hulle vra dat hulle hul vullis in hul persele sal hou tot dit kom haal word, maar dit help nie.”

Van kos tot stukkende meubels word op die hoop gegooi.

“Die probleem lê nie net by die stadsraad nie, maar by die mense wat winkels in die area het,” sê hy.

Die munisipaliteit het Vrydag 16 Maart al die vullis weggery, maar Erwee glo dat die probleem nie opgelos is totdat almal die verantwoordelikheid neem en ophou om hulle vullis daar te stort nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button