NewsNews

Bult binnekort veiliger vir almal

Die veiligheidsituasie by Cachetpark op die Bult kan binnekort aansienlik verbeter.

Die veiligheidsituasie by Cachetpark op die Bult kan binnekort aansienlik verbeter.
Wyksraadslid Santi Britz is die afgelope paar maande besig met ’n plan om die park op te knap en veiliger te probeer maak. Volgens Britz is die plan om die park te omhein en draaihekke te installeer om toegang te kry.
“Dit gaan steeds ’n openbare park wees waar almal toegang sal hê, maar die plan is om dit sewe uur saans te sluit,” het sy gesê.
Die idee is verder dat die Noordwes-Universiteit die park “aanneem” en onderhou.
“Dit gaan beteken dat die NWU se beskermingsdienste ’n oog oor die park kan hou.
In samewerking met die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) gaan ’n veiligheidsentrum ook op die park opgerig word waarvandaan lede van nooddienste kan optree indien nodig,” het sy gesê.
Die voorsitter van die GPF, Malan le Roux, het in ’n vorige berig aan die Herald gesê dit is ’n gemeenskapgedrewe projek en nadat dit opgerig is gaan dit aan die wyk oorhandig word.
Volgens hom is dit ’n groot probleem op die Bult dat misdaad nie aangemeld word nie.
Die gebou sal beskikbaar gestel word vir buurtwaglede, polisiebeamptes, privaat sekuriteitsbeamptes en die NWU se beskermingsdienste.
Volgens Britz is die ooreenkoms wat tussen die munisipaliteit en die NWU gesluit moet word tans by die regsafdeling van die munisipaliteit.
“Die tegniese afdelings van die verskeie instansies moet weer vergader om seker te maak waar die rioolpype, elektriese netwerk en veseloptiese kabels gelê is voordat die omheining opgerig kan word. Die koste van die projek is ook nog onder bespreking,” het sy gesê.
Volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is onderhandelinge tussen die NWU en die stadsraad oor die bekamping van misdaad in die Bult-omgewing en op Cachetpark steeds aan die gang.
“Tans ondersoek die universiteit die moontlikheid om die projek nie te beperk tot die Bult-besigheidsarea en Cachetpark nie, maar om die woonbuurtes wat aan die kampus grens hierby in te sluit en is daar tans verkennende gesprekke daaroor, het hy gesê.
Hy het bevestig dat deel van die plan is om die park te omhein en dat die NWU dit “aanneem”, maar het dit duidelik gemaak dat niks nog geteken of vasgemaak is nie.
Volgens Britz is alles egter vir alle praktiese doeleindes goedgekeur.
“Dit gaan die park weer ’n veilige plek maak vir almal om dit te gebruik. Skole kan optredes by die ATKV verhoog reël, mense sal daar kan gaan stap met hulle honde en gaan piekniek hou,” het sy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button