NewsNews

Studenteonderneming wen groot prys

Twee studente van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n prys gewen vir hulle entrepreneurskap. Kgaugelo Maripane en Mzwakhe Sifuba, medestigters van die studente-onderneming, Business In A Bag™ (BIAB), is albei B.Com (Rek) studente op die Potchefstroomkampus. Hulle het ‘n tweede plek in die nasionale GAP Gauteng Accelerator Program-kompetisie se kategorie vir Groen Tegnologie verwerf en prysgeld …

Twee studente van die Noordwes-Universiteit het onlangs ‘n prys gewen vir hulle entrepreneurskap.
Kgaugelo Maripane en Mzwakhe Sifuba, medestigters van die studente-onderneming, Business In A Bag™ (BIAB), is albei B.Com (Rek) studente op die Potchefstroomkampus.
Hulle het ‘n tweede plek in die nasionale GAP Gauteng Accelerator Program-kompetisie se kategorie vir Groen Tegnologie verwerf en prysgeld van R200 000, ‘n trofee en ‘n sertifikaat ingepalm. Sowat R180 000 van die prysgeld moet weer in hul onderneming teruggeploeg word.

Die toekenning wat die studente gewen het.

Kgaugelo het die besigheid in 2014 begin wat verpakte beginnerspakkette vir ‘n waterlose motorwas-onderneming behels. Die pakket bevat toerusting, verbruikersgoedere vir een maand, volkleur opleidingsmodules en Excel-velle om die onderneming se finansies te bestuur.
Die eko-vriendelike seep wat hulle gebruik is ‘n duidelike mededingende voordeel en ‘n kostebespaarder.
Die NWU, via Innovation Highway, is ‘n minderheidsaandeelhouer in die onderneming, waarvan die geregistreerde naam MS Intuitive Concepts is.
Die tegnologie oordrag- en innovasie-ondersteuningskantoor (TOIO) ondersteun hierdie nie-akademiese projekte as deel van hulle Innovation Highway-inisiatief. Sonder die kantoor se steun, sou die projek nie uit die wegspringblokke kon kom nie.
Volgens Boipelo Sebesho van die TOIO, is hulle besonder bly oor die toekenning wat weer eens bewys dat deursettingsvermoë vrugte afwerp en dat die nodige ondersteuning bestaan sodat studente hulle eie onderneming kan begin.
• Enige student of personeellid wat belangstel in entrepreneuriese geleenthede kan ‘n e-pos aan entrepreneur@nwu.ac.za stuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button