17 500 l water vir die Kaap

Maryke van Heerden Inwoners van Potchefstroom, oud en jonk, het die afgelope tyd ingespring en altesaam 4 048 bottels water vir die waterprojek ten bate van die Kaap ingesamel. Die organisasie Gift of the Givers het Donderdag die water wat geskenk is om in die Kaap te versprei, opgelaai. Gift of the Givers is die …

Maryke van Heerden
Inwoners van Potchefstroom, oud en jonk, het die afgelope tyd ingespring en altesaam 4 048 bottels water vir die waterprojek ten bate van die Kaap ingesamel.

Die Gift of the Givers trok wat Donderdag al 4048 bottels water gelaai het vir die Kaap. Foto: Verskaf

Die organisasie Gift of the Givers het Donderdag die water wat geskenk is om in die Kaap te versprei, opgelaai.
Gift of the Givers is die breinbaba van oud-Potchefstromer, dr. Imtiaz Sooliman. Dit het vier lede van dié organisasie en 19 vrywillige werkers drie ure geneem om die 4 048 bottels water op die trok te laai. Met ’n vrolike en gemoedelike atmosfeer het die tyd vinnig verbygeglip. Water sal aan Water for Paws, asook die SANW versprei word, wat dan weer na ouetehuise, inrigtings en skole versprei sal word. Die organiseerder, Ansie Johnson en haar span bedank graag elke skool en besigheid wat by die projek betrokke was.
Sy sonder graag vir Nico Smit uit vir die gebruik van sy stoor, Obaru en Xstreme Safari Africa vir die aanry van die water.
Printing Things en Print Cafe vir die druk van plakkate, Oasis vir spesiale afslag op water en leë bottels, asook Waterboy vir hul skenking. En laaste maar nie die minste, Party Shop vir fencing by die uitstallings.
West Acres het die meeste water ingesamel en ontvang ook ’n prys vir twee persone vir ‘n aand in die middel van die week by River Cottage in Malelane.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version