NewsNews

Baie rooftogte in stad wek kommer

Die afgelope week is daar twee gevalle van huisroof, ’n gewapende roof, twee algemene rooftogte en twee aanrandings by die polisie aangemeld.

Die afgelope week is daar twee gevalle van huisroof, ’n gewapende roof, twee algemene rooftogte en twee aanrandings by die polisie aangemeld.
’n Huisroof het op 14 Februarie in Molenstraat plaasgevind. Die vrou wat in die huis woon sê sy het geslaap en die venster vir haar kat oopgelos.
beweeg.
Sy het om 02:30 wakker geword toe haar kamerdeur oopgaan. ’n Man met ’n flits het in die deur gestaan en toe sy om hulp roep het hy ingestorm, haar selfoon ter waarde van R15 000 gegryp en gevlug. Hy het glo ook twee beursies gesteel.
Op Maandag 19 Februarie om middernag het nog ’n huisroof in Malherbestraat plaasgevind. Drie inwoners was in die huis. Een het geslaap en die ander twee het in die sitkamer televisie gekyk toe ’n man met ’n mes in die huis inloop. Mooirivier Beskerming is geskakel en kon betyds die man vaskeer en arresteer.
Volgens a.o. Mpho Manyobe, woordvoerder van die polisie, is ’n man Maandagaand by ’n vulstasie in Kruisstraat met ’n baksteen aangerand.
Hy het vir die polisie gesê dat hy aan diens was by die vulstasie toe ’n Toyota Corolla by die vulstasie stop. Die bestuurder het glo op die man begin vloek en skree en ’n woordewisseling het plaasgevind. Daarna het die passasier uit die voertuig geklim en die man met ’n baksteen gegooi. Die Herald het die vulstasie geskakel, maar hulle is onbewus van so ’n voorval.
’n Vrou is ook na bewering in James Morokastraat deur haar man aangerand. Sy het vir die polisie gesê dat sy geslaap het toe haar man die deur oopbreek en in haar woonstel inkom. Hy het haar met ’n mes in haar hand gesteek en haar toe teen haar wil na sy blyplek geneem waar hy haar verder geslaan het.
’n Man is ook Saterdag om 15:00 in Walter Sisulustraat met ’n mes gedreig en beroof. Hy was op pad na ’n winkel in die Wandellaan toe die persoon agter die toonbank glo vir hom ’n briefie gee wat sê: “Pasop hulle gaan jou beroof”. Hy het toe na die winkel langsaan gegaan toe vyf mans hom gegryp het, met ’n mes gedreig het en beroof het.
Manyobe sê dat voorvalle van diefstal vanuit ’n motor besig is om toe te neem. Sy wil die publiek aanmoedig om hul deure te sluit wanneer hulle bestuur.
“Dit gebeur al hoe meer dat rowers mense se motordeure oopruk wanneer hulle by verkeersligte of stopstrate stop, en dan hul selfone of handsakke gryp,” sê sy.
Die polisie wil ook die publiek waarsku om versigtig te wees wanneer hulle goedere aanlyn of oor sosiale media aankoop.
“’n Vrou het haar motor oor OLX verkoop en die koper het met ’n tjek betaal, maar toe sy die tjek wou bank toe neem, het die koper die tjek van R70 000 gekanselleer. Die vrou het nou geen manier om die koper op te spoor nie,” sê Manyobe.
Sy sê dat mense altyd moet seker maak hulle het die persoon se adres en inligting wanneer hulle so ’n transaksie doen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button