NewsNews

Twee keer lewenslank vir verkragting en moord

Twee mans is Dinsdag (12 Februarie) beide tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis na hulle skuldig bevind is aan onder andere moord en verkragting.

Twee mans is Dinsdag (12 Februarie) beide tot twee keer lewenslange gevangenisstraf gevonnis na hulle skuldig bevind is aan onder andere moord en verkragting.

Volgens lt. Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, Joseph Mashava (29) en  Shimbuya Munjarazi (28) in die Noordwes-hooggeregshof wat in Mokgwase gesit het, verder tot 5 jaar vir huisbraak, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, 5 jaar vir besit van onwettige vuurwapen en 3 jaar vir onwettige besit van ammunisie gevonnis.

Die verdagtes het in Januarie 2017 tydens ʼn huisroof ʼn 57 jarige Mnr. Van Heerden doodgeskiet en sy 63 jarige vrou in Waterfall Village, Rustenburg verkrag. Die polisie het hulle in Maart van dieselfde jaar in Matebeleng opgespoor en in hegtenis geneem.

Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, Luitenant-generaal, Baile Motswenyane het die vonnis verwelkom en gesê  dat dié vonnis ‘n duidelike boodskap aan ander misdadigers sal gee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button