NewsNews

Om in die president se stoel te sit – Lawrie Wright vertel

Die bekende Potchefstromer, Lawrie Wright van Wright’s Gastehuis, het onlangs gevoel hoe dit is om in die president van Amerika se stoel te sit, toe hy en sy vrou Leonie verlede jaar vir hul seun in Amerika gaan kuier het. Hy kan nou met trots sê dat hy die eerste Suid-Afrikaner is wat volgens sy …

Die bekende Potchefstromer, Lawrie Wright van Wright’s Gastehuis, het onlangs gevoel hoe dit is om in die president van Amerika se stoel te sit, toe hy en sy vrou Leonie verlede jaar vir hul seun in Amerika gaan kuier het.

Hy kan nou met trots sê dat hy die eerste Suid-Afrikaner is wat volgens sy kennis, al ooit hierdie voorreg gehad het. Mnr. Wright se seun, ‘n bankbestuurder, woon reeds 12 jaar in Amerika en die Wrights gaan kuier jaarliks vir hom. Mnr. Wright se broerskind werk vir die Amerikaanse regering in die Speaker, Paul Ryan, se kantoor. “Hy het toe met die Speaker gereël dat ek en my vrou in die ‘no-go’ areas van die parlement kon gaan.”

Lawrie Wright by die podium waar president Donald Trump sy toesprake lewer. Foto: Verskaf
Lawrie Wright by die podium waar president Donald Trump sy toesprake lewer.
Foto: Verskaf

So het die Wrights ‘n toer gekry van dele van die Amerikaanse parlementsgebou waar min mense ooit toegelaat word. Mnr. Wright het agter die podium gestaan waar president Donald Trump sy toesprake laat uitsaai.

“Daar is nie ‘n Suid-Afrikaner wat dit al ooit reggekry het nie,” sê hy.

Die Wrights is ook deur een van die ontsnappingstonnels onder die parlementsgebou geneem. “Oral teen die mure van die tonnels is verskeie waardevolle skilderye. Omdat dit so veilig daar is, bêre hulle die skilderye daar.”

Die tonnel eindig by ‘n trein wat dan tot by die Withuis ry en die Wrights het self tot onder die Withuis in die trein gery. “Toe ons op die trein klim, sê die treinbestuurder dat in die 25 jaar wat hy daar werk, dit die eerste keer is dat hy privaatpassasiers op die trein het,” sê hy.

Leonie Wright in een van die ontsnappingstonnels onder die parlementsgebou. Teen die muur is talle waardevolle skilderye. Foto: Verskaf
Leonie Wright in een van die ontsnappingstonnels onder die parlementsgebou. Teen die muur is talle waardevolle skilderye. Foto: Verskaf

Toe hulle klaar was met hul toer, is hulle na die parlementslede se kafeteria geneem. “Toe kom daar ‘n senator en oorhandig ‘n sertifikaat en ’n Amerikaanse vlag aan my.” Hierdie is wel nie net enige vlag nie, maar een van die vlae wat maandeliks bo-oor die parlementsgebou gevlieg word as ‘n herinnering van die 9/11 voorval en om te beklemtoon dat geen vliegtuig oor die parlement mag vlieg nie.

“Hulle vlieg dan ‘n jet oor die parlementsgebou, en daarin sit hulle ses vlae – ek weet nie hoekom ses nie, maar hierdie vlag is een van die ses. Dit is werklik iets om te beleef, en dit was die hoogtepunt van ons vakansie,” sê mnr. Wright.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button