NewsNews

Maer hondjies weggeneem van eienaars

Twee babahondjies is die afgelope week deur PAWS van hul eienaars op die Vyfhoek-kleinhoewes weggeneem en gaan in pleegsorg geplaas word. Die boerboel en pitbull terriër wat onderskeidelik sowat drie en twee maande oud is, is in die Vyfhoek-omgewing aangetref. Hulle was erg ondervoed. ’n Foto van die twee honde is onlangs op Facebook geplaas …

Twee babahondjies is die afgelope week deur PAWS van hul eienaars op die Vyfhoek-kleinhoewes weggeneem en gaan in pleegsorg geplaas word. Die boerboel en pitbull terriër wat onderskeidelik sowat drie en twee maande oud is, is in die Vyfhoek-omgewing aangetref. Hulle was erg ondervoed.

Die foto wat op Facebook versprei word van hoe maer die hondjies was. Foto: Facebook
Die foto wat op Facebook versprei word van hoe maer die hondjies was. Foto: Facebook

’n Foto van die twee honde is onlangs op Facebook geplaas en dit lyk of die honde weke laas kos gekry het.
Die bestuurder van PAWS, Herman van der Sluis, sê egter dat dit ’n ou foto is en dat die honde al veel beter gelyk het toe PAWS hulle onderskeidelik Maandag en Dinsdag ingeneem het. Die proses is aan die gang om die hondjies in pleegsorg te plaas.
Stappe gaan teen die eienaars van die honde geneem word.

Dit is hoe die hondjies nou lyk. Foto: Verskaf
Dit is hoe die hondjies nou lyk. Foto: Verskaf

 

*Skenkings wat kan help om die honde se rehabilitasieproses makliker te maak kan na PAWS by Viljoenstraat 2 geneem word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button