NewsNews

Duisende eerstejaars word Saterdag op kampus verwag

Duisende eerstejaarstudente word Saterdag op die NWU se Potchefstroomkampus verwag.

Duisende eerstejaarstudente word Saterdag op die NWU se Potchefstroomkampus verwag.
Hierdie studente en hul ouers besoek die kampus vir die begin van die amptelike Registrasie en Oriëntasieprogram (R&0). Tydens dié geleentheid ontmoet eerstejaars onder meer hul koshuisouers, kom meer te wete oor die fakulteite waar hul gaan studeer, kry studentekaarte en woon in die volgende paar dae verskeie oriëntasiesessies by om hulle meer tuis te laat voel by die universiteit.
Saterdag is geen uitsondering nie en volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, word ongeveer 5 000 eerstejaars op die kampus verwag. Saam met hul ouers word sowat 15 000 mense op die kampus verwag.
“Die NWU, al drie kampusse ingesluit, het sowat 56 000 aansoeke ontvang en kan sowat 9 200 eerstejaars akkommodeer,” het Jacobs gesê.
Volgens hom begin registrasie eers einde Januarie, waarna die finale syfers van die aantal eerstejaars wat vanjaar gaan begin studeer, bekend sal wees.
In reaksie op die pres. Zuma se aankondiging oor gratis onderrig vir sekere voornemende studente, sowel as uitlatings deur die EFF wat studente aangemoedig het om by universiteite op te daag en aan te dring op registrasie, het Jacobs verseker dat gebeurlikheidsplanne in plek is om die universiteit veilig te hou.
“Ons amptelike beleid is dat inloopregistrasies nie toegelaat sal word vir 2018 nie. Soos enige universiteit, is nuwe inname gedoen in lyn met die inskrywingsplan soos ooreengekom met die departement van hoër onderwys,” het Jacobs gesê.
Volgens hom sal slegs voornemende studente wat aansoek gedoen, voldoen het aan die toelatingsvereistes en aanvaar is, toegelaat word om vir 2018 te registreer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button