Laaste week vir SCFP skenkings!

Santa Cause for Paws se Kersveldtog kom volgende week tot ‘n einde. Die projek behels die insameling van noodsaaklike items ten bate van PAWS. Indien jy wil bydra, kan jy registreer by www.santapaws.co.za en ‘n Kerspakkie vir ‘n hond/kat skenk wat die volgende vyf items bevat: Twee eetgoed (kos en ‘n lekkerny) ‘n Kombers ‘n …

Santa Cause for Paws se Kersveldtog kom volgende week tot ‘n einde. Die projek behels die insameling van noodsaaklike items ten bate van PAWS. Indien jy wil bydra, kan jy registreer by www.santapaws.co.za en ‘n Kerspakkie vir ‘n hond/kat skenk wat die volgende vyf items bevat:


Twee eetgoed (kos en ‘n lekkerny)
‘n Kombers
‘n Speelding en
iets bruikbaar soos sjampoe/leiband/vlooipoeier, ens. Geldelike skenkings of ander items is ook welkom.
Pakkies kan tot 30 November afgelewer word by Cat Box Pet Hyper (Canal Crossing).
Klaargemaakte pakkies is ook daar te koop. Baie dankie vir almal wat al pakkies afgegee het. Dit sal op 2 Desember in samewerking met die Lions Club van Potchefstroom by PAWS afgelewer word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version