NewsNews

Semenya en Verster wen groot

Twee van Potchefstroom se bekendste en suksesvolste atletiekambassadeurs het Sondagaand by die jaarlikse SA Sport toekenningsfunksie nog ‘n paar vere in hulle hoede vir hul bydrae tot Suid-Afrikaanse sport gekry. Beide Caster Semenya en haar atletiekafrigter, Jean Verster, wat ook die president van Atletiek Sentraal Noordwes is, is vir ‘n uitstekende jaar beloon waar hulle …

Twee van Potchefstroom se bekendste en suksesvolste atletiekambassadeurs het Sondagaand by die jaarlikse SA Sport toekenningsfunksie nog ‘n paar vere in hulle hoede vir hul bydrae tot Suid-Afrikaanse sport gekry.
Beide Caster Semenya en haar atletiekafrigter, Jean Verster, wat ook die president van Atletiek Sentraal Noordwes is, is vir ‘n uitstekende jaar beloon waar hulle die atletiekwêreld laat regop sit het.
Semenya het twee toekennings, naamlik die Sportvrou van die Jaar, sowel as die publiek se keuse vir Sportster van die Jaar, verwerf. Verster het die gesogte titel vir Afrigter van die Jaar ontvang.
Die Semenya-Verster kombinasie het die afgelope jaar sedert die 2016 Olimpiese Spele in Rio, net van krag tot krag gegaan, met persoonlike bestes, ‘n goue medalje (800m) en bronsmedalje (1500 meter) by die 2017 IAAF Wêreldatletiekkampioenskappe, om ‘n paar prestasies te noem.
“Dit is fantasties om vereer te word. Ek dink dit is veral lekker vir Caster om te weet dat sy die publiek se keuse vir die beste sportster was. Dit is iets wat sy werklik waardeer,” het Verster gesê.
Volgens Verster het hy nie verwag om as Afrigter van die Jaar aangewys te word nie, veral omdat hy reken dat ander afrigters soos Neil Powell, hoofafrigter van die Blitzbokke ook net so ‘n goeie jaar gehad het.
“Dit was ‘n groot verrassing, maar tog lekker om te wen en ‘n groot eer. Volgens my was Powell ook net so goed hierdie jaar en hy rig meer as een speler/atleet af. Dit is ‘n ander dimensie. Ek sou vir Powell gestem het,” het Verster nederig bygevoeg.
“Die lekker aspek is dat daar so baie atlete was wat pryse gekry het. Dit is goed vir SA atletiek en ek is bly dat ons atlete die erkenning kry wat hulle verdien.”
*Die SA Wêreldkampioen verspringatleet, Luvo Manyonga, het met die Sportman van die Jaar en Sportster van die Jaar-toekennings weggestap.

Sport

Related Articles

Back to top button