NewsNews

‘Kat-tannie’ aanrandingsaak uitgestel

’n Vrou wat in September verlede jaar erg aangerand is, Nina Burger, was onlangs baie ontsteld toe haar aanranders nie opgedaag het by die hof nie.

’n Vrou wat in September verlede jaar erg aangerand is, Nina Burger, was onlangs baie ontsteld toe haar aanranders nie opgedaag het by die hof nie.
Burger se saak het vir sowat ’n jaar gesloer, en sou op 3 November vir die eerste keer in die hof verskyn het.
Burger wat in Potchefstroom bekend is as die ‘kat-tannie’, omdat sy daagliks sowat 300 straatkatte in Potchefstroom voer, is Saterdagaand 10 September 2016 deur twee jongmense aangerand omdat sy hul gevra het om hul motor se ligte flouer te stel.


Toe sy met haar bromponie in Presidentstraat op pad na die NWU hek ry waar sy die katte gaan voer, het daar ’n motor van voor af gekom. Die voertuig se ligte was so skerp dat sy skaars kon sien waar sy ry. Sy het toe haar bromponie se ligte geflikker om vir die bestuurder te wys om sy of haar ligte dowwer te stel.
Burger sê dat die voertuig toe op haar afgejaag het, en sy op die bestuurder geskree het. Daarna is sy aangerand deur die jong vrou en man wat in die motor was. Sy is verskeie kere geslaan en geskop en haar bromponie is omgegooi.
“As ek nie my valhelm opgehad het nie, het hulle my doodgeskop,” het Burger na die voorval vir die Herald gesê.
’n Saak van aanranding is by die polisie aanhangig gemaak, maar na ’n jaar is daar nog geen arrestasies gemaak nie. Burger het verskeie kere na die voorval probeer uitvind waarom haar aanvallers nog nie tot geregtigheid gebring is nie.
Die vrou is uiteindelik aangekla en moes Vrydag in die hof verskyn, maar tot Burger se teleurstelling het sy nie opgedaag nie.
Die hofsaak is uitgestel tot verdere kennisgewing.

CSS, Crime ad

Related Articles

Back to top button