CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Stuur nou jou inskrywing vir die Matriekrok-kompetisie

Die Herald se Matriekrok-kompetisie vir 2017 het afgeskop en die inskrywings stroom steeds in. Dit is die 19de jaar wat die Herald dié gewilde kompetisie aanbied.

Die Herald se Matriekrok-kompetisie vir 2017 het afgeskop en die inskrywings stroom steeds in.
Dit is die 19de jaar wat die Herald dié gewilde kompetisie aanbied.

Meisies wat vanjaar matriek skryf in die Herald se verspreidingsgebied, kan hul foto’s instuur. Stuur vir ons die mooiste foto van jouself in jou droomrok na pmatriekrok@gmail.com
Foto’s kan ook by die Herald se kantoor ingehandig word. Maak seker dat jou naam en van, jou skool se naam en jou kontaknommer agter op die foto geskryf is en ook in jou e-pos vervat is. Foto’s wat nie van ‘n goeie gehalte is of nie al die nodige besonderhede bevat nie, sal nie gepubliseer word nie.Die Herald aanvaar geen verantwoordelikheid vir die foto’s na die publikasie daarvan nie.
Die sluitingsdatum vir die foto-inskrywings is Dinsdag 31 Oktober om 17:00. Lesers kan weer deel in die kompetisie en kan begin om elke week stembriewe te versamel.
Elke foto sal genommer wees en behou sy nommer deur die loop van die kompetisie. Daar verskyn ook elke week ‘n stembrief saam met die foto-inskrywings. So kan lesers elke week vir hul gunsteling-rok stem deur slegs die nommer van die rok op die stembrief in te vul, al het die foto reeds in die eerste week van die kompetisie verskyn.
Die tien rokke wat die meeste stembriewe ontvang, kwalifiseer as finaliste en sal om die titel as Mooiste Matriekrok 2017 meeding. Die stembrief inskrywings sluit op Vrydag 3 November om 12:00. Die kompetisie sal afsluit met ‘n prag funksie by The Roots Lifestyle Centre op 9 November. Daar sal hierdie jaar ook ‘n “live” optrede deur lede van Jou Ma Se Potch wees, en soos gewoonlik, heerlike pryse. Die jaar se borge is Daly Ford wat ‘n kar aan die wenner sal borg vir ‘n maand, Potch Akademie, Bliss Nail & Beauty, CX Fitness, Carlien Louw Makeup & Beauty en Moi Cosmetics.
Onthou, meer as een stembrief mag voltooi word en slegs oorspronklike stembriewe word aanvaar.
Voltooide stembriewe kan nét by die Herald se kantoor ingehandig word.
* Sien die stembrief op bl. 6. Skakel Maryke by (018) 293 0570 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button