Molen Kórus hou fees!

Vir alle koorliefhebbers (of almal wat nog altyd graag na koormusiek wou luister, maar nog nooit lus was om vir twee ure ongemaklik stil te sit nie), het die Potchefstroomse kamerkoor, Molen Kórus, net die regte resep!

Vir alle koorliefhebbers (of almal wat nog altyd graag na koormusiek wou luister, maar nog nooit lus was om vir twee ure ongemaklik stil te sit nie), het die Potchefstroomse kamerkoor, Molen Kórus, net die regte resep!

Op 4 November om 18:30 tree vier gerekende kamerkore saam op by ‘n Kamerkoorfees in Potchefstroom. Met ‘n informele atmosfeer, verversings en lekker kuier om die tafels van die Snowflake-saal, bied die koorfees iets vir elkeen se smaak.
Molen Kórus staan onder leiding van Kobus Venter en Loretté du Toit, was in 2015 algehele wenners van die ATKV Animato koorkompetisie en het ook by Aardklop opgetree. Vox Novus is ‘n splinternuwe koor-ensemble van Pretoria wat deur bekende komponis Franco Prinsloo op die been gebring is, en wat graag oorspronklike kontemporêre komposisies op ‘n vars, innoverende manier meer toeganklik wil maak vir almal. Bloemfontein se Alumni Voices onder leiding van Leona Geldenhuys bestaan hoofsaaklik uit oud-koorlede en personeel van die Universiteit van die Vrystaat, en pak sedert 2013 jaarliks ‘n spesifieke uitvoering aan. Ensemble Esprit van Polokwane is in 2010 gestig en die 22 lede, onder leiding van Jannie Becker, het al ‘n rits uitvoerings agter hul naam, onder meer ook ‘n ATKV Animato toekenning vir beste kamerkoor in 2016. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa @ R90 en sluit ligte verversings in. Volg gerus Molen Kórus se Facebook-blad vir meer inligting of kontak Christel Eastes by 082 566 4229 of molenkorus@gmail.com.

Exit mobile version