Insleep kry net nuwe baadjie

Inwoners wat bekommerd is dat hulle nooit weer ’n Insleep ‘kaasbun’ sal kan geniet nie, kan gerus wees.

Inwoners wat bekommerd is dat hulle nooit weer ’n Insleep ‘kaasbun’ sal kan geniet nie, kan gerus wees.
Gerugte dat dié meer as vier dekade oue stukkie van die Bult sy deure gaan toemaak is nie waar nie. Dit gaan wel van eienaar verwissel.
Die huidige eienaar, Jan Verwoerden, sê hy gaan die supermark verkoop, maar dat die nuwe eienaar die naam gaan behou.
Die supermark sal vir ’n ruk lank toe wees terwyl die nuwe eienaar opknappings doen.
Volgens die nuwe eienaar, Mohammad Motara, gaan die nuwe Insleep baie meer modern wees en sal ook ’n groter verskeidenheid by die bakkery beskikbaar wees.
Volgens hom behoort die nuwe Insleep vroeg in Januarie te open.
Verwoerden, wat sedert 1994 eienaar van Insleep is, glo dis tyd vir nuwe bloed om die supermark, wat deel is van die kultuur op die Bult, oor te neem.
Verwoerden, wat vantevore by Checkers en Blue Ribbon gewerk het, is ook die man wat die bekende ‘kaasbuns’ aan Potchefstromers bekend gestel het.
Jan vertel dat die bekende sangeres, Rina Hugo, eendag daar ingestap en gevra het vir kaasbuns. Op daardie tydstip was daar nie toe sê ek vir haar sy moet later die middag kom kyk. “Sy het later opgedaag om ‘buns’ te kom koop,” vertel hy.

Exit mobile version