Verdagte kritiek na inbraak op Vyfhoek plot

'n Verdagte is vroeg vanoggend op die Vyfhoek plotte tydens 'n inbraak raak geskiet.

‘n Verdagte is vroeg vanoggend op die Vyfhoek plotte tydens ‘n inbraak raak geskiet.

Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die 48 jarige verdagte onder polisiewag Potchefstroom hospitaal toe geneem na die voorval.

Drie verdagtes was na bewering op pad uit ‘n huis uit met gesteelde goedere. Die eienaar van die plot het die geluid van glas wat breek gehoor waarna hy ondersoek gaan instel het.

Die verdagtes het glo op die eienaar afgestorm met wapens waarna ‘n skoot geskiet is. Een van die verdagtes is beseer terwyl die ander twee gevlug het.

Volgens ‘n verklaring van ER24 het paramedici omstreeks 01:50 op die toneel gekom waarna hulle die verdagte behandel het. Die man is in kritieke toestand hospitaal toe geneem.

Volgens Myburgh sal die verdagte in die hof verskyn op aanklag van inbraak sodra hy uit die hospitaal uit kom.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version