Pastoor in hegtenis na beweerde verkragting

’n Pastoor is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vrou in Luitinghstraat verkrag het.

’n Pastoor is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vrou in Luitinghstraat verkrag het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die vrou op 7 Oktober saam met ’n groep mense ‘n saamrygeleentheid by die pastoor vanaf die kerk gekry.
Volgens die vrou het hulle die ander mense afgelaai, waarna die pastoor haar na haar ouerhuis sou neem. Hy het glo verby die huis tot in Luitinghstraat in die nywerheidsgebied gery. Hier het hy na bewering stilgehou en die vrou verkrag.
Volgens Manyoba is die saak Dinsdag 17 Oktober aangemeld. Die pastoor is in hegtenis geneem, maar teen druktyd was dit nog nie bekend of hy in die hof verskyn het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version