NewsNews

“ANC laat toe dat munisipale bestuurder hof mislei,”sê DA

Volgens Hans-Jurie Moolman, DA-koukusvoorsitter, die burgemeester en speaker toegelaat dat die saak op grond van vals inligting hof toe gaan op belastingbetalers se koste sodat die munisipale bestuurder dr. Nomathemba Blaai-Mokgethi, haar posisie kan behou.

Volgens Hans-Jurie Moolman, DA-koukusvoorsitter,  die burgemeester en speaker toegelaat dat die saak op grond van vals inligting hof toe gaan op belastingbetalers se koste sodat die munisipale bestuurder dr. Nomathemba Blaai-Mokgethi, haar posisie kan behou.

Die DA meen die burgemeester, Kgotso Khumalo en speaker, Kgosimang Mogoeemang, is nie geskik om hul posisies te beklee nie en moet dadelik bedank.
Dit volg nadat die munisipale bestuurder, dr. Nomathemba Blaai-Mokgethi, onlangs geslaag het in haar aansoek in die hooggeregshof om te voorkom dat die stadsraad haar kontrak beëindig.

Die LUR vir plaaslike regering en menslike nedersettings, Galaletsang Gaolaolwe, het vroeër vanjaar ’n brief aan die burgemeester gestuur waarop sy wys dat die munisipale bestuurder se kontrak in Augustus vanjaar verstryk.
Die munisipale bestuurder het aanvanklik ’n aansoek in die hooggeregshof in Mmabatho gebring om ’n interdik teen die LUR se besluit te kry. Die aansoek het met koste misluk, omdat Potchefstroom onder die jurisdiksie van die Noord-Gautengse hooggeregshof val en nie Noordwes nie.
Hoewel die Noord-Gautengse hooggeregshof in Mokgethi se guns bevind het, voel die DA dat daar belangrike inligting van die voorsittende beampte weerhou is.
Volgens Moolman het Mokgethi grootliks op die raadsbesluit van Desember 2016 staatgemaak.
“Ons is as raad gedagvaar, maar die DA wat 22 uit die 67 setels in die raad het, is glad nie betrek by die saak nie,” het hy gesê.
Volgens hom het die burgemeester en speaker toegelaat dat hierdie saak op grond van vals inligting hof toe gaan.
Hy sê die raadsbesluit wat Mokgethi gebruik het is tydens ’n raadsvergadering in Desember 2016 geneem, maar dié besluit is in Januarie 2017 gewysig.
Volgens Moolman is selfs die raad se prokureurs nie van die wysiging in kennis gestel nie. Hy het die klankopname van die vergadering aangevra sodat na die presiese omstandighede rondom die besluit in Desember 2016 gekyk kan word.
* Volgens Victor Boqo, woordvoerder vir die burgemeester, respekteer hulle die hof se besluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button