Fietsryer kritiek na motor hom tref

'n Man wat moontlik in sy 30's is, is in 'n kritieke toestand na hy gisteraand deur 'n motor van sy fiets afgestamp is. Die ongeluk het in Ikagengstraat in Potchefstroom gebeur.

‘n Fietsryer wat moontlik in sy 30’s is, is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n motor hom gisteraand getref het. Die ongeluk het in Ikagengstraat in Potchefstroom gebeur.

ER24 paramedici het die man gevind waar hy langs sy fiets in die middel van die pad gelê het. Die bestuurder van die motor wat die man gestamp het, was steeds op die toneel. Die man het ernstige beserings aan sy kop, bors en bene en is na Potchefstroom Hospitaal geneem.

Volgens ER24 woordvoerder Russel Meiring, is die presiese oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie, maar was die polisie op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version