NewsNews

Mej. Suid-Afrika ondersteun Eikelaan-projek

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het Dinsdag haar ondersteuning vir die historiese Eikelaan in Potchefstroom gewys toe sy vir ’n foto of twee by die bome poseer het. Sy is ’n oud-NWU student van die Potchefstroomkampus en is vanjaar as Mej. Suid-Afrika gekroon. Sy het gister haar alma mater kom besoek en studente het die geleentheid …

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het Dinsdag haar ondersteuning vir die historiese Eikelaan in Potchefstroom gewys toe sy vir ’n foto of twee by die bome poseer het.

Sy is ’n oud-NWU student van die Potchefstroomkampus en is vanjaar as Mej. Suid-Afrika gekroon. Sy het gister haar alma mater kom besoek en studente het die geleentheid gehad om haar persoonlik te kon ontmoet. Sy het ook die visekanselier, prof. Dan Kgwadi en adjunk-visekanselier, prof. Fika Janse van Rensburg, sowel as Mnr. en Mej. Kampus, Peter de Klerk en Wethu Sibiya, ontmoet.

Nel-Peters het later ook vir Santi Britz, die stigter van die iDuc projek wat fokus op die bewusmaking en bekamping van verkragting, ontmoet.

Related Articles

Back to top button