NewsNews

Impala Veldgids Opleiding is die helder lig in die tonnel

Daar kan geen twyfel wees dat jongmense in vandag se onsekere tye leiding benodig nie. Impala Veldgids Opleiding is egter ‘n helder lig wat in die gidsbedryf, en meer spesifiek die natuurafdeling, vir hulle skyn. Al die duisende wildplase en natuuroorde in die land moet personeel hê wat vir sekere take bekwaam is. Twee van …

Daar kan geen twyfel wees dat jongmense in vandag se onsekere tye leiding benodig nie.
Impala Veldgids Opleiding is egter ‘n helder lig wat in die gidsbedryf, en meer spesifiek die natuurafdeling, vir hulle skyn.

Studente gaan op ‘n praktiese velduitstappie op die veldgids kurus.

Al die duisende wildplase en natuuroorde in die land moet personeel hê wat vir sekere take bekwaam is. Twee van die grootste werksgelenthede is wildplaasbestuur en veld-/natuurgids. Nog beter is `n kombinasie van dié twee. Soos persone in dié poste ouer word en in byvoorbeeld bestuursposisies beland is daar weer geleenthede vir nuwe gidse.
Gidse is van die belangrikste personeel op `n oord omdat hulle `n direkte skakel met die gaste is wat daar kom kuier. Pligte wissel van gids wees, gasheer, plaasbestuur en verskeie ander. Die bedryf is groot en vol geleenthede vir mans en dames so tussen 18 tot 35 jaar.
Impala Veldgids Opleiding is vir die laaste 17 jaar eksklusief besig om studente op te lei vir hierdie bedryf en behaal uitstekende sukses. Hul bied `n wye verskeidenheid kursusse wat `n kandidaat se CV uniek maak en laat uitstaan.

‘n Koedoespoor.

Ongelukkig is baie mense nie bewus van hierdie geleenthede nie en mis uit op `n kans om `n wonderlike toekoms en loopbaan vir hom/haarself te skep.
Vir meer inligting gerus Impala Veldgids Opleiding, die eerste stap na `n droomloopbaan.

Studente maak kennis met ‘n jagluiperd by Moholoholo.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button