NewsNews

VIDEO: Rondloper leeu het almal aan die raai

Potchefstroom het dalk sy eie Sylvester die Leeu op hande.

Potchefstroom het dalk sy eie Sylvester die Leeu op hande.
Dit nadat daar die naweek glo ’n kalf naby die Enselspruit graansilos deur ’n leeu gevreet is.
Volgens Gawie Maritz, polisiereservis in die area, het natuurbewaring bevestig dat die manier wat die kalf gevreet is lyk soos die “tandewerk” van ’n leeu. Volgens hom was daar ongeveer ’n maand gelede naby Raatskraal in die Fochville omgewing mense wat gesê het dat hulle moes uitswaai vir wat soos ’n leeu gelyk het.
“Natuurbewaring het kameras in die area opgesit. Die enigste foto wat ons kon kry was baie onduidelik, maar dit kon dalk ’n leeu wees,” het Maritz gesê.
Dit was daarna vir ’n ruk lank stil totdat ’n boer in dieselfde area rapporteer het dat iets twee van sy Rooibokke gevreet het.
Daarna is ’n kalf op ’n ander plaas die afgelope naweek gevreet. Volgens Maritz het natuurbewaring spore naby die karkas van die kalf met spoorsnyhonde gevolg.
Die spore is tot by ‘n koppie suid van die Enselspruit graansilos langs die Vereenigingpad gevolg.
Hulle het gesê dat hulle iets in die bosse sien beweeg het, maar omdat dit amper donker was het hulle teruggekeer,” het hy gesê. Natuurbewaring het Woensdag die soektog na die losloper leeu voortgesit.
“Baie mense dink nog dat dit net ’n storie is wat iemand opgemaak het, maar natuurbewaring, asook die polisie, is hard aan die werk om die leeu te vang,” het hy gesê.
“Ons wil nie hê mense moet nou op ‘n jagtog gaan om die leeu te skiet nie. Ons probeer eers kyk of ons die leeu veilig kan vang,” het Maritz gesê.
Enigiemand wat die leeu sien moet Maritz by 082 3483768 skakel of vir ao Jan Esterhuizen van die Fochville polisie by 018 711 1103.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button