’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die NWU se kampus in Mahikeng het die derdejaarstudente die loef afgesteek deur die eerste plek in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie te behaal.
Dit was ’n skynverhoor vol drama, vermaaklike getuienis en ’n kundige uitspraak.
Dit tweedejaars, vir die verdediging, het hulle pad oopgeredeneer in ’n “aanrandingsaak” in die finaal in Potchefstroom gehou is.
Ezekiel Dikio, Thato Maphangela, Leo Maphosa en Sibongiseni Nhlapo het vir hulle ‘n oorwinning verseker deur twyfel te skep oor die gebeure.
Die derdejaarstudente Iminje Hartzenberg, Napo Labane, Jennifer Moabi en Faheemah Varachia het vir die Staat geargumenteer as deel van ’n NWU-span wat uit studente van al drie die NWU se kampusse bestaan het.
Me JJ Ikanengwas die voorsittende beampte by die finaal.
Die Juta Skynverhore-kompetisie is die geesteskind van advokaat René Koraan, dosent in die Fakulteit Regte op die kampus in Potchefstroom. Sy het in 2011 met die kompetisie begin.
Tweedejaarstudente wen skynverhoor
’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die NWU se kampus in Mahikeng het die derdejaarstudente die loef afgesteek deur die eerste plek in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie te behaal. Dit was ’n skynverhoor vol drama, vermaaklike getuienis en ’n kundige uitspraak. Dit tweedejaars, vir die verdediging, het hulle pad oopgeredeneer in …
You can read the full story on our App. Download it here.