Sekuriteitswag sterf op sy pos

'n 33 jarige sekuriteitswag wat by Huis Anna Viljoen in Ben Pienaarstraat werk is vandag (6 September) omstreeks 10:30 oorlede.

‘n 33 jarige sekuriteitswag wat by Huis Anna Viljoen in Ben Pienaarstraat werk is vandag (6 September) omstreeks 10:30 oorlede.

Hy is glo deur ‘n ander werknemer bewusteloos gevind waarna IMR ambulansdienste in kennis gestel is.

Volgens Leon Nell van IMR het hulle met aankoms gevind dat die man geen tekens van lewe gewys het nie. KPR is gedoen maar daar was steeds geen verandering nie, hy is na Potchefstroom Hospitaal toe vervoer terwyl IMR aanhou KPR toepas het.

By die hospitaal het die dokters oorgeneem maar na ‘n ruk wat hy steeds geen teken van lewe gewys het nie, is hy dood by die hospitaal verklaar.

Die presiese oorsaak van sy dood is nog onbekend maar die polisie was ook op toneel om verdere ondersoek in te stel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version