Man dood op N12 na voertuig rol

'n Man is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat sy voertuig gerol het.

‘n Man is Sondagoggend omstreeks 03:00 dood nadat sy voertuig gerol het. 

Die ongeluk het op die N12 ongeveer 10km buite Potchefstroom plaas gevind. Volgens Annine Siddal, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waarna hulle die man uit die voertuig moes uitsny. 

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici verder vir hom kon doen nie, en hy is dood op die toneel verklaar,” het Siddal gesê. 

Twee mans en ‘n vrou was ook in die voertuig gewees. Een van die mans is deur ER24 uit die voertuig gesny. Dié man en die vrou is beide na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die derde man het slegs klein beserings opgedoen, maar wou nie hospitaal toe vervoer word nie. 

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.  

Exit mobile version