NewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

Noordwes Jeugkoor bekoor gehore in Spanje en fokus nou op Aardklop

Die Nasionale Koorakademie se Noordwes Jeugkoor het pas teruggekeer van Spanje waar hulle bekroon is as wenner (ouderdom 13-19) en met twee eerste plekke weggestap het. Dié bekroonde koor, wat uit lede van Potchefstroom, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Sannieshof, Lichtenburg, Mafikeng, Rustenburg en Kroonstad bestaan, het deelgeneem aan ‘n internasionale koorkompetisie in Spanje waar hulle bekroon …

Die Nasionale Koorakademie se Noordwes Jeugkoor het pas teruggekeer van Spanje waar hulle bekroon is as wenner (ouderdom 13-19) en met twee eerste plekke weggestap het.

Die NW Jeugkoor.
Die NW Jeugkoor.

Dié bekroonde koor, wat uit lede van Potchefstroom, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Sannieshof, Lichtenburg, Mafikeng, Rustenburg en Kroonstad bestaan, het deelgeneem aan ‘n internasionale koorkompetisie in Spanje waar hulle bekroon is as wenner in die kategorie koorpop (choral pop) en in die kategorie tradisionele volksmusiek (traditional folklore). Hulle het ook twee tweede plekke behaal in die kategorieë akademiese- en kerksang.

lnr is Steffi le Roux, Yvonne-Marie Brand, Glenn Cunhiff, Niekie van der Walt, Starr Veldsman en Chris Chameleon.

Deel van hul prys was ‘n opelug optrede as gaskoor in Lloret De Mar, sowel as ‘n optrede in die bekende Basillica van Monserrat naby Barcelona.
Volgens die bestuurder van die koor, Starr Veldsman, was dit ‘n droom wat waar geword het en ‘n voorreg om in dié pragtige plekke te kon sing.
Tans is die Nasionale Akademie nou voluit aan die gang met die Nasionale Jeugkoor-kursus en simposium as deel van Aardklop in Oktober.


Dit is die enigste gebeurtenis en plek waar jeugkoorsangers vir vyf dae bymekaar kan kom vir teorie en praktiese ondervinding wat verseker die ekwivalent vir SA kleure kan wees. Hierdie jaar is daar op Saterdag 7 Oktober ’n besonderse produksie in die Sanlam-ouditorium. Die Suid-Amerikaanse werk, Misa Criolla, saam met Chris Chameleon en ander bekende musikante, is die jaar se keuse.
“Die Noordwes Jeugkoor onder leiding van dirigente Niekie van der Walt, Rineke Viljoen en Tshimologo Mohashoa is besonder opgewonde oor alles wat hulle oorsee bereik het, sê Veldsman.
Al die toere en kursusse is ter voorbereiding vir die Wêreld Koorspele wat in 2018 in Pretoria plaasvind. Oudisies om deel te wees van die simposium en die Jeugkoor begin eersdaags.
Vir meer inligting, skakel/SMS 082 440 7002 of stuur ‘n e-pos na starr@iafrica.com

Related Articles

Back to top button