“Daar is dwelms by elke hoërskool” sê polisie

Die polisie het inligting ontvang dat ’n kind by ’n skool in Potchefstroom dwelms in sy besit het. Die polisie het die kind by die skool deursoek en tik in sy besit gevind.

Die polisie het inligting ontvang dat ’n kind by ’n skool in Potchefstroom dwelms in sy besit het. Die polisie het die kind by die skool deursoek en tik in sy besit gevind. Aangesien hy ’n minderjarige is, is hy in die sorg van sy ouers vrygelaat terwyl die ondersoek voortduur.
“Dwelms is nie iets wat eie is aan ’n sekere skool nie. Die polisie het al dwelms by elke skool in die stad gevind. Dit is iets wat ons jongmense en gemeenskap vernietig, en daarom neem die polisie dit baie ernstig op. Selfs al is dit dagga, kan dit lei na meer ernstige dwelms,” het Chaka gesê.
Volgens hom is daar elke twee tot drie maande ’n student of ’n skolier wat weens ’n oordosis dwelms sterf.
“Polisiebeamptes werk baie hard om dwelms en die gepaardgaande misdaad in die stad uit te roei,” het Chaka gesê.

Die polisie het die afgelope naweek 11 mense in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik onwettige dwelms.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die meeste van die mense in Wolmaransstraat vasgetrek.
Die polisie het deur middel van stop-en-soek operasies die meeste van die verdagtes vasgetrek.
Verdagtes is deur polisiebeamptes gestop en deursoek, waarna daar dwelms, meestal dagga, in hulle besit gevind is.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version