NewsNews

GHB: Dié seksdwelm kan jou dood beteken

’n Dodelike seksdwelm, bekend as GHB of Liquid G, is besig om opspraak in die media veroorsaak. Dit volg nadat ’n vrou van Bredasdorp sowat twee weke gelede dood is nadat sy en haar man die vorige aand met dié dwelm geëksperimenteer het.

’n Dodelike seksdwelm, bekend as GHB of Liquid G, is besig om opspraak in die media veroorsaak. Dit volg nadat ’n vrou van Bredasdorp sowat twee weke gelede dood is nadat sy en haar man die vorige aand met dié dwelm geëksperimenteer het.

GHB (Gamma Hydroxy Butyrate) is ’n sentrale senuweestelsel-depressant wat gebruik word om drankies te dokter, of selfs deur partytjiegangers wat net ’n “lekker” tyd wil hê.

Die dwelm skep glo positiewe gevoelens, soos ’n gevoel van euforie, rustigheid en ’n verhoogde seksdryf, maar enkele milliliters se oorgebruik kan naarheid, braking, bewusteloosheid en selfs die dood tot gevolg hê. ’n Anonieme persoon wat al geëksperimenteer het met die dwelm, het verlede week aan Netwerk24 gesê dat dié dwelm veral verkrygbaar is in plekke waar afspraakverkragtings algemeen is, soos in Potchefstroom.

Die Herald het met plaaslike psigiaters, aptekers en voormalige dwelmgebruikers gepraat, maar kon nie self vasstel of dié dwelm in Potchefstroom beskikbaar is nie. Die moontlikheid dat dit wel gebruik word, is steeds daar en studente moet veral versigtig wees wanneer hulle kuierplekke besoek. Volgens drugs.com word daar in 69% gevalle van gebruik, bewusteloosheid gerapporteer. Omdat die dwelm braking veroorsaak, is die twee saam ’n dodelike kombinasie.

GHB word gewoonlik in die vorm van ’n deurskynende vloeistof verkry en net ’n paar milliliter kan ’n hewige uitwerking op ’n gebruiker hê. Net ’n klein bietjie te veel kan jou dood veroorsaak. GHB bevat, net soos die dwelm Ecstasy, die onwettige middel methamphetamine.

Volgens ’n verklaring uitgereik deur die spesialis ondersoekbeampte Mike Bolhuis, is GHB oorspronklik gebruik vir mediese doeleindes as ’n algemene narkose en ’n behandeling vir cataplexy, narkolepsie en alkoholisme. Hy sê dit word ook onwettig gebruik as ’n dwelm om atlete se prestasie te verbeter en as ’n afspraakverkragtingsdwelm wat maklik in drankies gegooi kan word. Dit is deurskynend en kan nie maklik gesien word nie. Volgens ’n artikel deur die American Journal of Emergency Medicine, was GHB verantwoordelik vir 226 sterftes van 1995 tot 2005.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button