NewsNews

Jong ma (22) na bewering in Suiddorp betas

‘n Jong ma het ’n klag van seksuele aanranding by die polisie gelê, nadat ’n familievriend haar Maandagaand na bewering betas het.

‘n Jong ma het ’n klag van seksuele aanranding by die polisie gelê, nadat ’n familievriend haar Maandagaand na bewering betas het.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou Vrydagmiddag saam met haar pa na die man se huis om geld vir melk vir haar kind te vra. “Die man het glo die kind voor hom sien grootword, daarom het die vrou daarheen gegaan om hulp te vra,” het Manyoba gesê.
Die man het na bewering gesê die vrou moet hom na sy kamer vergesel waar hy sal kyk of hy geld het. “Die man het nie geld by hom gehad nie, maar het die vrou gesoen, waarna hy vir haar gesê het om Maandag terug te kom sodat hy kan geld trek,” vertel Manyoba.
Die vrou is weer die Maandag saam met haar pa na die man se huis, waar hulle gery het om geld te trek. Nadat die man die geld getrek het, het hy glo in die kar aangehou om aan die vrou se been te vat. Met hulle aankoms by die huis, het die man haar na bewering teen die muur vasgedruk en begin soen, terwyl hy haar betas het. Die vrou het kort daarna die saak by die polisie aangemeld. Volgens Manyoba word die saak ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

CSS, Crime ad

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button