NewsNews

Inbreker steek student met mes in Reitzstraat

’n Derdejaar student is Sondagoggend twee keer met ’n mes gesteek terwyl hy probeer het om twee inbrekers vas te trek.

’n Derdejaar student is Sondagoggend twee keer met ’n mes gesteek terwyl hy probeer het om twee inbrekers vas te trek.

Bernard de Klerk (21)het omstreeks 00:30 ‘n geluid by sy venster gehoor.

“Ek het geskrik, want toe ek weer kyk, sien ek ’n man op die balkon.
De Klerk het die lig aangeskakel om vir die inbreker te skree dat hy moet padgee. Die verdagte, wat besig was om die vensterstopverf uit te krap, het weggehardloop, waarna hy van die balkon afgespring het.
“Toe hy afspring was J.C.(De Klerk se vriend wat saam in die huis woon) besig om van die een kant na hom te hardloop. Ek het gehardloop om hom aan die anderkant te vang,” vertel De Klerk.

De Klerk het die inbrekers by die palissades van die erf ingewag.
“Ek wou keer, maar toe hulle amper by my was, het ek eers besef dat daar twee is en dat een van hulle met sy mes gereed was,” vertel hy.
Hy het probeer om uit die pad te kom en gekeer vir sy gesig toe die verdagte hom twee keer in die voorarm gesteek het. Die twee verdagtes het oor die palissades gespring, maar een van hulle se been het aan die palissades vasgehak.
“Ons het hom probeer terugtrek na ons toe terwyl sy vriend hom weer na die pad se kant toe getrek het,” vertel De Klerk.
Intussen is Mooirivier Beskerming na die toneel ontbied. Met aankoms het die twee verdagtes reeds daarin geslaag om te vlug. Mooirivier Beskerming het die beseerde verdagte en sy makker egter ’n paar blokke verder gevang.
“Die sny aan my arm is tot op die been, maar dit kon regtig baie erger gewees het,” sê hy.

Die polisie het die twee verdagtes in hegtenis geneem. Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, word ‘n saak van aanranding met die opset om ersntig beseer tans teen die verdagtes ondersoek.

CSS, Crime ad

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button