NewsNews

Paartjie vasgebind en beroof, hondjie gesteel

’n Paartjie van Bailliepark is erg ontsteld nadat hulle Maandagoggend omstreeks 03:00 tydens ’n huisrooftog vasgebind, beroof en hul babahondjie gesteel is.

’n Paartjie van Bailliepark is erg ontsteld nadat hulle Maandagoggend omstreeks 03:00 tydens ’n huisrooftog vasgebind, beroof en hul babahondjie gesteel is.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man, Nico van der Westhuizen en sy vriendin, Debbie Naude, geslaap toe hulle deur drie gewapende mans wakker gemaak is. “Ek het groot geskrik toe ek my oë oopmaak en ek staar in die vuurwapen vas,” vertel Van der Westhuizen.
Al drie verdagtes het glo vuurwapens op die egpaar gerig en geëis om te weet waar die kluis is.
“Die man het vir hulle gesê dat hy nie ’n kluis besit nie,” het Manyoba gesê.
Daarna is die paartjie vasgemaak en gedwing om op die grond te lê.
“Ek het gedink hulle gaan ons doodskiet,” vertel Van der Westhuizen.


Die paartjie se hond, Peek-a-Boo, het, terwyl die paartjie op die grond gelê het, kort-kort na hulle toe gekom.
“Die rowers het ’n kombers oor ons koppe gegooi, maar Peek-a-Boo het kort-kort onder die kombers ingekom en ons gesigte gelek. Dan gaan blaf en knor hy weer vir die rowers. Nadat ons losgekom het, kon ons Peek-a-Boo nie kry nie en het toe besef dat hulle hom ook gesteel het,” vertel hy.
Volgens Van der Westhuizen is die verdagtes met onder meer ’n vuurwapen, selfone, juweliersware, klere, komberse en die voertuig se sleutels daar weg. “Hulle wou met die voertuig vlug, maar omdat dit ’n anti-kapingstoestel in het, het dit uitgesny kort nadat hulle dit aangeskakel het. Die verdagtes het toe te voet gevlug.
“Ek kon my voete loskry, waarna ek in die kombuis ’n mes gekry het om vir Debbie los te sny. Ons het gaan hulp soek toe ons sekuriteitswagte naby die Spar gesien het.
”Elektro Sekuriteit het die paartjie vergesel terug na hulle huis en die polisie in kennis gestel. Volgens Van der Westhuizen was een van die verdagtes met hulle aankoms weer terug by die huis. “Hy het daar vir ons gewag, maar toe hy ons almal sien, het hy weggehardloop.”
Die verdagtes het glo toegang tot die huis verkry deur die diefwering af te breek. Volgens Manyoba word ’n saak van huisroof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button