NewsNews

Herwinning: Van gemors na geld

In stede soos Potchefstroom suig herwinning steeds aan die agterspeen en word dit gekenmerk deur persone wat met trollies vol rommel in die strate rondloop, op soek na geld vir hul volgende maaltyd. Die herwinning van rommel bied aan hierdie persone ‘n vorm van inkomste. Herwinning is nie net voordelig vir individue nie, maar bied …

In stede soos Potchefstroom suig herwinning steeds aan die agterspeen en word dit gekenmerk deur persone wat met trollies vol rommel in die strate rondloop, op soek na geld vir hul volgende maaltyd.
Die herwinning van rommel bied aan hierdie persone ‘n vorm van inkomste. Herwinning is nie net voordelig vir individue nie, maar bied ook aan die ekonomie in die algemeen ‘n hupstoot.
Dit lei tot werkskepping en die items wat nuut vervaardig word vanuit herwinde materiaal, kan weer verkoop of selfs uitgevoer word,” sê Andries Janse van Rensburg van B&D Waste aan die Oos-Rand, wat herwinning regoor die groter Johannesburgarea doen.
In die herwinningsbedryf is daar ‘n paar sake waarvan jy bewus moet wees indien jy hieruit ‘n inkomste wil genereer.
“As jy jou materiaal vooraf self sorteer, sal jy meer geld daarvoor ontvang,” sê Vuyafambom Thomas, bestuurder van Ndivhumau Business Enterprise in Potchefstroom wat in herwinning spesialiseer.
Wanneer die maatskappy dit self sorteer, verg dit meer hande-arbeid.
“Dit (die aankoopprys) hang af van watter herwinningsmodel jy volg,” sê Werner van der Merwe van Deswalner Recycling se Potchefstroomtak. “Ons koop, sorteer, baal en verkoop en ek doen om en by 250 ton herwinbare rommel per maand.”
Hierdie maatskappy verwerk self die herwinbare rommel om plastiekstoele te maak wat ‘n nóg groter inkomste genereer as bloot die verkoop van die rou materiale.
“Daar is nog nie so baie wetgewing rondom plastiek nie, maar as jy byvoorbeeld in staal handel, het jy ’n lisensie nodig,” sê Van der Merwe. Hierdie reël is in plek om te verseker dat mense nie gesteelde materiale koop en verkoop nie.
“Met goed soos koper moet ons vir ’n ID- dokument vra,” voeg Thomas by.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button