NewsNews

Telefoonkontrak is billik sê munisipale bestuurder

Die astronomiese R10 miljoen wat die Potch-Tlokwe munisipaliteit uitgehaal het om die Potchefstroom se kantore se telefoonstelsels op te gradeer, is deur die munisipale bestuurder, dr. Blaai-Mokgethi, as billik beskryf.

Die astronomiese R10 miljoen wat die Potch-Tlokwe munisipaliteit uitgehaal het om die Potchefstroom se kantore se telefoonstelsels op te gradeer, is deur die munisipale bestuurder, dr. Blaai-Mokgethi, as billik beskryf.
Dit kom nadat sy self ’n ondersoek laat doen het na aanleiding van die Herald se eie ondersoek wat getoon het dat die munisipaliteit dalk heeltemal te veel betaal het vir die opgradering. Tydens die Herald se ondersoek is pryse van leweransiers bekom wat soortgelyke telefoonstelsels verskaf. Die Herald het ‘n kopie van die kontrak en die faktuur van die kontrakteur aan wie die kontrak toegeken is, onder oë gekry. Die spesifikasies is daarna gebruik om self pryse op die internet te vind. Dié ondersoek het gedui op ‘n bedrag van ongeveer R3.1 miljoen, wat 40% wins en 50 ure se arbeid teen R350 per uur, ingesluit het. ’
Die faktuur met spesifikasies is ook na verskeie maatskappye so ver as Kaapstad gestuur vir kwotasies. Terugvoer is van vier maatskappye ontvang. Al dié maatskappye doen sake met ander munisipaliteite en wou om verstaanbare redes nie hê dat hulle name genoem word nie.
Twee van die maatskappye het aangedui dat hulle die werk sou kon doen vir minder as R1 miljoen.
‘n Derde maatskappy het aangedui dat hulle dit vir ongeveer R2 miljoen sou kon doen. Die vierde maatskappy het ‘n kwotasie gestuur, wat ook op die faktuur van die kontrakteur aan wie die kontrak toegeken is, gebaseer is wat daarop dui dat hulle die werk sou kon doen vir ongeveer R3.2 miljoen. Laasgenoemde maatskappy het gesê “dit is regtig oordrewe of buitensporig van ons kant af, ons sou baie goeie geld hierop maak.”
In haar skrywe aan die Herald het die munisipale bestuurder bevestig dat hulle die opgradering van Potchefstroom met die van Rustenburg se munisipaliteit vergelyk.
“Rustenburg het al oor die R20 miljoen betaal maar hulle opgradering is nie eens klaar nie,” het sy gesê.
* Sy het voorgeneem om die volle verslag aan die Herald bekend te maak, maar teen druktyd is niks ontvang nie.

Related Articles

Back to top button