NewsNews

Oud-Volkie sterf in kop-teen-kop botsing

Armandt se ouers hou vanaand om 18:00 'n sop-aand vir al sy vriende by 228 Dr Beyers Naudestraat. "Ons wil graag hê sy vriende en vriendinne moet net kom en gesels oor hom," sê sy ma, Nita van Niekerk.

Potchefstromers is geskok deur die skielike dood van oud-Volkie en CTU student, Armandt van Niekerk (19). Hy is vroeg Saterdagoggend dood in ‘n kop-teen-kop botsing in Dr. Beyers Naudestraat op pad huis toe. Armandt se Nissan 1400 bakkie het met ‘n Ford Ranger gebots en Armandt is op slag dood.

Twee passassiers in die Ford Ranger is na Mediclinic vervoer waar hulle vir hul beserings behandel is. Die bestuurder en die ander passasier het geen beserings opgedoen nie.

Armandt se ouers hou vanaand (30 Mei) om 18:00 ‘n sop-aand vir al sy vriende by 228 Dr Beyers Naudestraat. “Ons wil graag hê sy vriende en vriendinne moet net kom en gesels oor hom,” sê sy ma, Nita van Niekerk.

*Lees die volledige berig in dié week se Potchefstroom Herald

 

 

 

Related Articles

Back to top button