NewsNews

Hitchcock-riller word Sondag vertoon

Die welbekende riller “The Birds” (1963) van Alfred Hitchcock is die film wat Sondag, 28 Mei om 15:00 in die Cachet Kleinteater vertoon word. Melanie Daniels gaan kuier vir ‘n goeie vriend, Mitch wat die naweek saam met sy ma en suster in Bodega Bay deurbring. Dié klein dorpie noord van San Francisko se rustigheid …

Die welbekende riller “The Birds” (1963) van Alfred Hitchcock is die film wat Sondag, 28 Mei om 15:00 in die Cachet Kleinteater vertoon word.

Melanie Daniels gaan kuier vir ‘n goeie vriend, Mitch wat die naweek saam met sy ma en suster in Bodega Bay deurbring. Dié klein dorpie noord van San Francisko se rustigheid word skielik versteur ‘n rukkie nadat Melanie arriver. Die inwoners merk dat die voëls skielik vreemd optree wanneer ‘n seemeeu Melanie aanval toe sy die baai in ‘n klein bootjie oorsteek.  Mitch se ma ontdek later selfs die lyk van haar buurvrou nadat sy deur voëls aangeval is. Niemand waag dit later buite wanneer honderde duisende voëls op die dorpie toesak nie en niemand kan uitvind waarom hulle so vreemd optree nie.

Hierdie film vorm  deel van ‘n interessante filmprogram wat die Potchefstroom Kunsvereniging, PUK Kunste en die Skool vir Kommunikasiestudies saamgestel het. Een keer per maand word ‘n klassieke film in die Cachet Kleinteater vertoon om die publiek die geleentheid te gee om die “goue oues” van voor af te waardeer.  Toegang is gratis en almal is dus welkom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button