NewsNews

Hier vir jou

Kan ek iets omtrent my “gelukkigheids-vlakke” doen? Hierdie artikel is geïnspireer deur ons eie gemeenskap. Ek sien toenemend mense wat lewensmoeg, ongelukkig, depressief, moedeloos, ens. is. Wanneer ek vra, hoe hul moontlik al die voorgenoemde aspekte positief sou kon verbeter/verander, borrel die antwoorde spontaan uit… meer geld, meer slaap, meer tyd, dalk ‘n vakansie, ens. …

Kan ek iets omtrent my “gelukkigheids-vlakke” doen?

Hierdie artikel is geïnspireer deur ons eie gemeenskap. Ek sien toenemend mense wat lewensmoeg, ongelukkig, depressief, moedeloos, ens. is. Wanneer ek vra, hoe hul moontlik al die voorgenoemde aspekte positief sou kon verbeter/verander, borrel die antwoorde spontaan uit… meer geld, meer slaap, meer tyd, dalk ‘n vakansie, ens. Dan is daar die miljuisende selfhelp-boeke met beloftes, dat net daardie een boek jou lewe onherroeplik in ‘n gelukkige sprokie sal omtower, dikwels sonder enige grondige/wetenskaplike bewyse.

Eintlik wil almal net so graag floreer, en totale welstand ervaar. Maar wat is “geluk”, en hoe kry ek dit? Dit sluit natuurlik verskeie aspekte in en is nie so buite jou bereik as wat jy aanvankilik gedink het nie. Volgens nuutste navorsing word jou belewenis/ervaring van geluk 50% deur genetika, 10% deur omstandighede en ‘n allemuntige 40% deur jou bewustelike en intensionele gedrag bepaal. Vervolgens, kan jy nie die veelvuldige aspekte van jou lewe en die rol van ander mense daarin beheer nie (dit veroorsaak net angstigheid, depressie en frustrasie), maar jy KAN dit konstruktief en pro-aktief bestuur! Jy is of die slagoffer wat kosbare tyd en energie met blaamverskuiwing vermors, of die CEO van jou eie lewe. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou eie lewe, keuses, gedrag en omstandighede en begin bewustelik en ondersoekend kyk na die dinge wat jou die meeste pla (indien die identifikasie van probleme of ‘n praktiese plan tot konstruktiewe verandering en groei vir jou ‘n uitdaging is, nader ‘n kundige vir leiding).

Daarna volg die intensionele en bewustelike denkpatroon- en gedragsaanpassings, sodat jy uiteindelik jou volle potensiaal kan bereik en kan begin leef en floreer. Onthou dat ‘n gelukkige lewe nie oornag bereik kan word nie, daar is nie ‘n “one-size-fits-all-resep” nie (want jy is uniek), dit is ‘n progressiewe proses en avontuur.

Ons onderskei tussen hedoniese geluk (kort vlietende oomblikke van pret, plesier, genot en gemak) en eudiamoniese geluk (uitlewing van jou volle potensiaal en lewensdoel, sin en betekenis in en van die lewe en om deel te wees van iets groters as jouself), wat individue ‘n gevoel van welstand en gelukkigheid besorg. Kenners is dit egter eens, dat eudiamoniese geluk, verkry deur stabiele bronne van sin en betekenis, die grootste, volhoubare en langtermyn bydrae tot jou geluk en totale welstand maak. Probeer om meer bewus te raak van wat jy kan bestuur en maak stil daardie beheervraat in jou.

Vir meer inligting, vrae of voorstelle, rakende aktuele psigiese en sosiale aspekte, stuur gerus ‘n e-pos na born2bmore101@gmail.com,

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button