NewsNews

‘Ek sien hierdie een as my debuut’

Die bebaarde gemengde geveg-vegter van Potchefstroom is reg vir sy tweede professionele geveg.

Die bebaarde gemengde geveg-vegter van Potchefstroom is reg vir sy tweede professionele geveg.
“Ek sien hierdie as my debuut omdat ek my eerste geveg op kort kennisgewing gevat het,” vertel Roevan de Beer. Die geveg was boonop teen die huidige EFC vlieggewig-kampioen. De Beer vat op 10 Junie vir Dansheel ‘Mamu’ Moodley in ’n liggewig geveg by Sibaya Casino aan.
“Hy is een van die bekendstes in Durban. Ek is in die beste vorm wat ek nog ooit was,” vertel De Beer.
De Beer is Potch se eerste professionele gemengde gevegskuns vegter wat aan die EFC (Extreme Fighting Championship) deelneem.


“Dit is ‘n baie groot platform, die sport trek ongeveer 10 miljoen kykers op SABC 3 met elke byeenkoms,” verduidelik hy.
Hoewel hy met ‘n gesamentlike rekord van 8-5 teen Moodley se 4-2 soos die meer ervare vegter lyk, onderskat hy glad nie sy opponent nie. “Ek oefen ongeveer vier ure per dag vir die geveg en was die laaste jaar op ‘n baie streng dieet,” vertel hy.
De Beer het hulp van buite ingewin van hoëvlak-stoeiers en skopboksers om homself as professionele vegter te help vestig.
“Ek het al jare gelede bewys dat ek een van die bestes op amateurvlak is en moet dit nou op professionele vlak bewys voor daar enige sprake is van ophou,” vertel hy.
De Beer ry ongeveer 1 000 km per maand net om te oefen. Sy borge ondersteun hom baie om die uitgawes te dek. “Ek moet eerstens my Hemelse Vader bedank, want sonder Hom sou niks moontlik gewees het, asook my vrou wat my bystaan en verstaan dat ek tot laat moet oefen. Al die mense wat my help oefen, Charl, Francois, Johan en Tiaan. Ook ‘n spesiale dank aan Kobus Fourie, die afrigter onder wie ek begin het om professioneel te baklei,” het hy gesê.
Volgens hom sal die beroepswedders die kanse in Moodley se guns laat tel omdat hy voor sy tuisskare gaan baklei. Die gevegte van Moodley wat hy verloor het, was almal as gevolg van uitklophoue, wat mense laat dink dat hy nie die houe kan vat nie. De Beer sal met ystervuiste die kryt moet regeer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button